School sportSport

Vyf Kruiner-ruiters gallop tot by die SA’s

Vier ruiters kwalifiseer vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe

 

Vyf perderuiters van Laerskool Helderkruin het hul skool se naam hoog gehou tydens die jaarlikse South African National Equestrian School Association- (SANESA-) liga.

Die belowende ruiters, Marizelle van Wyk (Graad 6), Lana Pieterse (Graad 7), Twane Terblanche (Graad 6), Danica Serfontein (Graad 4) en Leandri Herselman (Graad 3) het vanjaar hul skool verteenwoordig en baie goed presteer.

Die jaarliks liga bestaan uit vier rondtes oor ‘n tydperk van ses maande waartydens die ruiters van hoër- en laerskole hul skool in die verskillende kategorieë van ruiterkuns verteenwoordig. Tydens elke rondte kry die deelnemers punte wat bydra om aan die einde van die liga te kwalifiseer vir die Gauteng-Wesspan.

Marizelle, Lana en Leandri het Gauteng-Wes by die Gautengse finale rondte verteenwoordig wat by Misty Meadows Equestrian Farm plaasgevind het. Al drie ruiters het daar gekwalifiseer vir Gauteng-kleure en is gekies om Gauteng tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe te verteenwoording.

Danica is ook gekies om by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe aan die Newcomers Challenge deel te neem wat op die beginnervlak is, en Gauteng te verteenwoordig.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button