School sportSport

Kruiners spog met Goue Leeus-spelers

Laerskool Helderkruin staan hul plek vol in die Goue Leeu Skole-rugbyspan.

 

Laerskool Helderkruin spog met 12 van hulle leerders wat vir die derde agtereenvolgende jaar in die onderskeie Goue Leeus Skole-rugbyspanne opgeneem is.

Gedurende die afgelope skoolvakansie het die leerders hul skool se naam hoog gehou tydens die toernooie waaraan hulle deelgeneem het.

Die o.13-seuns is agter: Jacques Breet – o.13 XV-afrigter, Damian Bruce, Alwyn Burger – o.13 XV-spanbestuurder, Jamaal Feldman (Cravenweek-spankaptein), Riaan van der Watt – Cravenweek-spanafrigter en Emden Petzer
Voor: Jarred Coetzee, Joshua Meyer, Tiaan Goosen (Cravenweek-speler), Werner Durrheim
Foto: Tshegofatso Seleke.

Die o.12-span, waarvan vyf van hul leerders en Corné Swanepoel (Spanbestuurder) lede is, het in Klerksdorp hul staal gewys. Die o.13 XV-tal, hulle afrigter, Jacques Breet en spanbestuurder Alwyn Burger, het in Sasolburg hul merk gemaak, terwyl die Cravenweek o.13-span saam met hul afrigter, Riaan van der Watt, in Witrivier deelgeneem het.

“Laerskool Helderkruin wens Corné Swanepoel , Jaco Henning, Dylan van der Merwe, Brandon Peters, John-Higgs Venter, Jamaal Feldman, Jacques Breet, Damian Bruce, Alwyn Burger, Riaan van der Watt, Jarred Coetzee, Tiaan Goosen, Joshua Meyer, Werner Durrheim en Emden Petzer geluk met hulle prestasies,” het Hanli-Mari Olivier, die skool se skakel- en bemarkingsbeampte gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button