KYK HIER: WSG spog met twee nuwe SA-kampioene

Al drie stoeiers het medaljes verower

 

Die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) het twee nuwe Suid-Afrikaanse kampioene tydens die onlangse SA Presidente-toernooi ryker geword.

Die toernooi is in Bellville in Kaapstad gehou en drie WSG-stoeiers het deelgeneem. Die drie het hulle baie goed van hul taak gekwyt en met drie medaljes huis toe gekom; twee goud en een brons.

Celine van Rheede van Oudtshoorn (middel) op die podium.

Celine van Rheede van Oudtshoorn het die klub se eerste gouemedalje in haar ouderdomsgroep verower, en het gewys dat sy die deursettingsvermoë van ‘n opregte stoeier het wat nog baie hoë hoogtes gaan bereik.

Ruan Nel het die ander gouemedalje vir WSG ingepalm en so ‘n droom bewaarheid wat hy al lankal koester.

Ruan Nel (middel) op die podium. Fotos: Verskaf.

Tylor Burkett het ‘n bronsmedalje verower.

Juan Nel, WSG se hoofafrigter is ongelooflik trots op sy stoeiers se prestasies, en het met ‘n breë glimlag gesê, “Baie geluk Celine, Ruan en Tylor! Julle het baie hard gewerk en die vrugte daarvan gepluk. Julle maak WSG ongelooflik trots!”

Kyk video hier:

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version