School sportSport

Bastion-skuts skiet in die kol

Hulle behaal uitstekende prestasies tydens eerste ligabyeenkoms

 

Twee leerders van Hoërskool Bastion het baie goed presteer tydens die eerste ligabyeenkoms vir die jaar.

Die byeenkoms het by Durban Deep-skietbaan plaasgevind.

Michael Berning het met die luggeweer ‘n eerste plek in die 3P-Sporter, asook ‘n eerste plek in die 10M Staan MQS Sporterkategorie behaal.

Leané de Klerk het met die luggeweer ‘n tweede plek in die 10M-staankategorie behaal (geen MQS).

Hierdie skuts het ook hul seisoen verlede jaar op ‘n hoë noot afgesluit, met Michael wat ‘n derde plek in die .22 Voorgee, ‘n tweede plek in die Luggeweer Voorgee en ‘n eerste plek in die Junior .22 Voorgee behaal het.

Leané het ‘n eerste plek in die o.16-dames Luggeweer Voorgee behaal, en doktor Hardus van Loggerenberg het ‘n tweede plek in die seniors .22 Voorgee (F-klas) behaal.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button