Werna Netbalklub maak gereed vir die nuwe seisoen

Almal is welkom

 

Die Werna Netbalklub is gereed om die nuwe netbalseisoen af te skop, en wil graag verlede jaar se prestasies verbeter.

Volgens Ella Page, die klub se tesourier, bestaan die klub al vir 42 jaar. Hulle spog ook met drie afrigters wat op Vlak 2 (die hoogste vlak) by Netbal Suid-Afrika (NSA) geregistreer is.

Die klub neem in verskeie kategorieë deel, en Ella het verduidelik, “Ons skop die jaar met ‘n vriendskaplike Fast 5-periode af, waarna ons die ligaperiode ingaan. Ons sluit die jaar af met nog ‘n vriendskaplike Fast 5-periode.”

Die klub spog ook met vier spelers in NSA se o.19-span wat die Wes-Rand by die nasionale kampioenskappe verteenwoordig het. Hulle het ‘n bronsmedalje gewen.

Werna se eerstespan het ‘n gouemedalje in verlede jaar se superliga gewen en ‘n silwermedalje in die A-liga.

Oefening vind op Dinsdag- en Donderdagaande vanaf 7nm plaas, en het reeds op 15 Januarie begin. Spelers wat 16 jaar en ouer is, is welkom om by die klub aan te sluit.

“Ons het ook ‘n akademie vir spelers van nege- tot 15 jaar oud, waar hulle hul vaardighede kan slyp. Op die oomblik het ons ‘n groot behoefte aan spelers, aangesien meeste van ons spelers verlede jaar matriek voltooi het en weggetrek het om by hul verskillende universiteite aan te sluit,” het Ella gesê.

Vir meer inligting, kontak Bernice Shults by 084 5041302 of bernicester@gmail.com, Ella Page by 072 789 9949 of Petro Greeff by petrog@atkv.org.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version