Local sportSport

Stoeiers vir harde werk beloon tydens WSG se jaarlikse prysuitdeling

Die jaar is op ‘n gepaste wyse afgesluit

 

Stoeiers van die Wesrand Stoeigimnasium (WSG) is tydens die jaarlikse prysuitdeling vir hul harde werk beloon.

Daar was verskeie toekennings en trofeë in die verskillende ouderdomsgroepe, insluitend Muggie van die Jaar, Beste Klein Muggie, Muggie Ore, Moedigste Muggie, Beste Val van die Jaar, Beste Beginner, Mees Tegniese Stoeier en Beste Vordering.

Ruan Nel.

Die groot wenners was die volgende stoeiers: • Durandt Nel en JJ Potgieter (Beste Klein Muggie – o.4)

• Joshua van Rheede van Oudtshoorn (Afrigterskild – o.6)

• Juanro Nel (Beste o.7-stoeier, Muggie Sportman van die Jaar en Klubkampioen)

• Dewald Engelbrecht (Beste Val van die Jaar – o.9)

• Rick van der Berg (Beste o.9-stoeier en Junior Sportman van die Jaar)

• Tylor Burkett (Beste o.10-stoeier en Junior Sportman van die Jaar)

• Ruan Nel (Beste Jeugstoeier – o.10)

• Celine van Rheede van Oudtshoorn (Beste Damestoeier, Juan Nel Skild en Klubkaptein)

• Tiaan Classen (Beste o.13-stoeier en Mees Tegniese Stoeier)

• Johan Heyns (Beste 0.15-stoeier, Beste Grieks-Romeins en Beste Vrystyl, asook Sportman van die Jaar)

• Leon van Biljon (Beste Presidentestoeier van die Jaar – o.19)

Tylor Burkett, Juan Nel en Rick van der Berg.

“Wat ‘n wonderlike prysuitdeling! Baie geluk aan elke stoeier, afrigter, beampte en ouers. Hierdie is beslis ‘n span wat dopgehou moet word; hulle gaan groot hoogtes bereik!” het Juan Nel, die WSG-hoofafrigter afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button