Florrie-rugbyspan as Apcan-reeks wenners aangewys
Hul klop Bastion in die finaal
Hoërskool Florida se seniorrugbyspan het aan die afgelope Apcan-skolereeks deelgeneem en baie goed gevaar.
Hulle het teen Hoërskool Bastion in die Poel A-finaal gespeel en na ‘n naelbytstryd met ‘n telling van 24–22 as oorwinnaars uit die stryd getree.
Tino Swanepoel was die speler van die reeks en Andries van Aswegen was die voorspeler van die reeks.
Morné Hanekom, die span se afrigter en ook die skool se skakel- en bemarkingsbeampte het gesê, “Baie geluk met julle kontantprys asook pragtige trofee. Ons is baie trots op julle, manne.”
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!