Local sportSport

Bastion hokkie-span struikel by Prestige-reeks

Hulle het al vier wedstryde verloor

 

Hoërskool Bastion se seniorhokkiespelers het aan die afgelope Prestige-reeks by Hoërskool Noordheuwel deelgeneem.

Die span het uit spelers van die eerste-, tweede- en o.16-hokkiespan bestaan en alhoewel die spelers hul heel beste gegee het, kon hulle nie die mas opkom nie.

Hulle het wedstryde teen Krugersdorp High School, Noordheuwel Blou, Noordheuwel Wit en Maragon Ruimsig gespeel, en het ongelukkig al vier verloor.

Volgens Retha van der Walt, die span se afrigter, was die wedstryde baie goeie voorbereiding vir aanstaande jaar se hokkieseisoen, en is sy baie tevrede met die meisies se vertoning.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button