Dertien Florries in Gauteng-skietspan

Hulle gaan Gauteng by SA Kampioenskappe verteenwoordig

 

Hoërskool Florida se skuts is tydens die onlangse prysuitdeling vir hul harde werk beloon.

Daar is 25 lede van die Florida skietklub gekies om Gauteng tydens die komende Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig, waarvan 13 Florrie-leerders is.

Hulle is Nadine Nel, Christiaan Bredenkamp, Johan van Heerden, Louwtjie Louw, Ethan Kirstein, Monique van Wyk, Jean Kilian, Daniel Klopper, Shalize Jansen, Theunis Kruger, Jacques Steyn, Wian de Wet en Jaco Horak.

“Hartlik geluk aan elke skut, asook al die skietouers en die afrigters, Annerien en Adriaan Snyman. Dit is voorwaar ‘n

puik prestasie en ons is baie trots op julle. Baie sterkte met jul voorbereiding,” het Morné Hanekom, die skool se bemarkingsbeampte gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version