Warriors Ringbalklub het jou nodig

Skoleringbal is 'n erkende skolesport

 

Die Suid-Afrikaanse Skole Ringbal-seisoen skop in die derde kwartaal af, en die Warriors Ringbalklub nooi alle skoliere uit om by hulle aan te sluit.

“Skoleringbal is ‘n erkende derdekwartaal-skolesport waaraan seuns en meisies tussen die ouderdom van nege en 18 in hul onderskeie geslag- en ouderdomsgroepe deelneem,” het klubvoorsitter Bertus Botha gesê.

Hy het bygevoeg dat alle spelers ook die kans staan om een van die 30 Suid-Afrikaanse spanne te haal, en het gesê, “Daar is elke jaar ‘n nasionale toernooi waaraan meer as 1 000 spelers uit 84 distrikte deelneem. Hierdie jaar is dit die 15de toernooi, en daar word ook ‘n groot verjaardagpartytjie beplan om hierdie mylpaal te vier.”

Die toernooi vind van 30 September tot 6 Oktober by Camp Discovery in Pretoria plaas, en dit beloof om ‘n pretgevulde week op die ringbalbaan te wees.

“Ons wil graag alle belangstellendes uitnooi om by ons aan te sluit, en deel te word van dié opwindende sport,” het Bertus gesê.

Vir meer inligting oor die klub en die skoleliga, kontak vir Bertus by 06083 772 5540 of Adrie by 062 026 3005.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version