Bastion se hokkiebokkies deur na Noordvaal

Hulle wen beide uitspeelwedstryde

 

Hoërskool Bastion se eerstedogtershokkiespan het vir die Noordvaal-toernooi gekwalifiseer nadat hulle hul uitspeelwedstryde gewen het. Die toernooi vind later vanjaar plaas

Die eerste wedstryd was teen Hoërskool Fochville. Daar was ‘n hele paar beserings aan albei kante in dié harde wedstryd wat Bastion met 3–1 gewen het.

Abigale Swanepoel op pad doelhok toe.

Hulle volgende wedstryd was teen Krugersdorp High School. Dit was ‘n baie opwindende wedstryd waartydens nie een span wou bes gee nie. Die telling aan die einde van die wedstryd was gelykop (2–2) en die uitslag is deur strafdoele bepaal.

Die toeskouers (en afrigters) was baie senuweeagtig, en dit het aanvanklik gelyk of dit weer gelykop gaan eindig, maar die Bastion-spelers het kalm gebly en kop gehou, en uiteindelik met 4–2 gewen.

Sherika Swanepoel (agter) hardloop om die bal by haar opponent af te neem.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version