Editor's choiceLocal sportSport

Comrades-atleet hardloop vir spierdistrofielyers

‘Ek hardloop uit waardering dat ek voluit kan lewe en gesond is’

 

““Ek hardloop die Comrades uit waardering dat ek voluit kan lewe en gesond is, maar ook vir dié wat nie dieselfde kan doen nie.”

Naomi Janse van Rensburg is ‘n kranige atleet met ‘n groot hart. Vanjaar het sy besluit om haar derde Comrades Marathon as bewusmakingsveldtog te gebruik.

“Ek wil graag mense meer bewus maak van spierdistrofielyers en hulle motiveer en inspireer om na hierdie mense uit te reik. Dié siekte lê my na aan die hart aangesien ek groot waardering en bewondering het vir mense wat daardeur geraak word,” het sy gesê.

“Ek hardloop vir die opdraand-kinders, mense en gesinne wat deur neuromuskulêre afwykings geraak word aangesien die siekte nie ‘n impak net op een persoon se lewe het nie, maar op die hele gesin wat saam die pad moet hardloop,” het Naomi gesê. Sy bewonder hulle omdat hulle probeer om die beste van hul omstandighede te maak.

Sy het besluit om ten bate van die Spierdistrofiestigting se Gauteng-tak te hardloop, en het gesê, “Ek wil nie net bewusmaking skep van die siekte en wat dit behels nie, ek wil ook vir die Stigting geld insamel om hulle te help om hul goeie werk voort te sit. Ek hoop dat ek meer mense sal bereik sodat hulle op hul beurt kan uitreik na mense wat deur neuromuskulêre afwykings geraak word.”

Naomi het gesê dat haar leuse die afgelope drie jaar vir die marathon, naamlik It will humble you, it takes all of you and there is no turning back, vir haar baie gepas is, omdat spierdistrofielyers dit elke dag deurmaak.

“Mens is deel van ‘n legkaart in iemand se lewe. Jy weet dalk nie nou presies waar jy inpas nie, maar daardie iemand se lewe mag dalk nooit volledig wees sonder jou daarin in,” het sy afgesluit.

Enigiemand wat wil betrokke raak of dalk met fondsinsameling wil help, kan gerus die Stigting kontak by 011 472 982 of ‘n epos stuur na gauteng@mdsa.org.za.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Back to top button