Florrie-fietsryers presteer

Drie leerders as wenners by uithouwedren aangewys

 

Hoërskool Florida se fietsryers het aan verskeie wedrenne deelgeneem, en hulle baie goed van hul taak gekwyt.

Op 21 April het die fietsryspan aan die Jacaranda 94.2 Off the Beat ‘n Track-kompetisie deelgeneem en dit het baie goed met elke deelnemer gegaan.

By die sesuurlange Delta Dash-uithoufietswedren is drie leerders – Nathan Botha, Ruan Greeff en Heinrich Broodryk – as die algehele wenners in hul ouderdomgroep aangewys.

Die volgende wedren is deel van die Nissan Trail Seekers-reeks en vind op 5 Mei by Buffelsdrift plaas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version