Editor's choiceSchool sportSport

Havies se jongstes skitter tydens sportdag

Meer as 700 spelers het deelgeneem

 

Laerskool Dr Havinga se jaarlikse mininetbal- en welpierugbysportdag was vol pret.“Welpierugby- en mininetbalspanne van ses jaar oud af het met mekaar meegeding, en die spelertjies het heel spoggerig in hul piepklein sportdrag in hul skoolkleure gelyk,” het Lizele Kies van die skool gesê.

Die Havies was gasheer vir spelers van Laerskool Horison, Helderkruin, Roodebeeck, Esperanza en Krugersdorp-Noord, en die kleingoed het elke minuut van elke wedstryd voluit gespeel. Die ouers en ander ondersteuners het ook luidkeels van die kantlyn af die spelers toegejuig en aangemoedig.

‘n Havie speler pyl op die doellyn af.

“Die afrigters het breëbors rondgestap wanneer die maats uiteindelik iets reggekry het waaraan daar baie hard geoefen is,” het Lizelle gesê.

Lizelle het verduidelik, “Met die welpie rugby en mini netbal word daar nie so baie op die wen motief gefokus nie, maar eerder op die ontwikkeling van vaardighede. Die belangrikste is om ‘n liefde vir die spel by die jonges te ontwikkel en ook om hulle e leer om saam in ‘n span te kan funksioneer sodat hulle mekaar kan aanmoedig – in goeie en slegte tye.”

Sy het afgesluit deur Adolph en Annelize Louw te bedank vir hul bydrae tot die dag se sukses.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button