Florrie-skuts se visier ingestel

Drie leerders tot Suid-Afrikaanse span verkies

 

Hoërskool Florida se skuts het aan verskeie kompetisies deelgeneem, en skitterend gevaar.

Caitlin Oelofse en Nadine Nel het aan die Oos-Kaapse Opekompetisie van Saara deelgeneem en het onderskeidelik twee brons-en twee gouemedaljes verower. Caitlin het in die o.20-presisieklas en Nadine in die o.16-presisieklas deelgeneem.

Hulle het ook saam met Christiaan Bredenkamp aan die Satra .22-kampioenskappe deelgeneem. Daar het Caitlin ‘n goue- en bronsmedalje verower, terwyl Christiaan een goue-, twee silwer- en een bronsmedalje, en Nadine vier goue-, drie silwer- en een bronsmedalje verower het.

Caitlin en Nadine het ook vir deelname aan die Randall-kompetisie gekwalifiseer, waar hulle saam met top skut Esmari van Reenen deelgeneem het.

Christiaan, Nadine en Caitlin is tot die Suid-Afrikaanse span verkies wat aan die British Junior International .22-kampioenskappe gaan deelneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version