Drie Graad 9-leerders van Hoërskool Florida het aan die afgelope Midmar Myl deelgeneem en baie goed presteer.
Swemmers wat aan die Midmar Myl deelneem, kry die geleentheid om geld vir ‘n liefdadigheidsorganisasie in te samel.
Dana Janse van Vuuren en Simoné van Staden het sewe myl (11,3km) geswem. Keegan Oliver het agt myl (12,9km) geswem en daarmee ‘n plek in die Midmar 8 Mile Club verdien.
Keegan het haar agt myl in vyf uur en vyf minute voltooi, en haar vinnigste myl was 33 minute en 45 sekondes. Simoné se vinnigste myl was 34 minute en 36 sekondes, terwyl Dana s’n 40 minute en 20 sekondes was.
Die organisasies wat by die leerders se prestasies gebaat het, is Ezemvelo, KZN Wildlife en Save the Rhino.
“Baie geluk met hierdie pragtige prestasies! Florries is trots op ons talentvolle swemmers,” het Morné Hanekom, die skool se bemarkingsbeampte gesê.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!