Hoërskool Florida het baie goed presteer tydens die afgelope Prestige-atletiekbyeenkoms wat by UJ plaasgevind het.
Hulle het teen atlete van Menlopark, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Kempton Park, Hoër Tegniese Skool Middelburg en Hoërskool Linden deelgeneem.
Florries se atlete het die volgende prestasies behaal:
– Tino Swanepoel het ‘n eerste plek in die 110m hekkies vir o.19’s en ‘n derde plek in die o.19 verspring behaal.
– Levandré Horne het ‘n eerste plek in die o.16 verspring en tweede plek in die 200m vir o.16’s behaal.
– Brandon van Heerden het ‘n tweede plek in die o.19 verspring behaal.
– Abraham Claasens het ‘n derde plek in die 200m vir o.14’s behaal.
– Jaliesha de Beer het ‘n derde plek in die o.19 diskus behaal.
– Claudia Aggenbacht het ‘n derde plek in die o.17 gewigstoot behaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!