Editor's choiceLocal sportSport

Skitterjaar vir judoka

'Sensei Danie het my alles geleer wat ek van judo weet'

 

“Judo is basies al waaraan ek wil deelneem – dit is my lewe – en as ek nie kan oefen nie, raak ek gefrustreerd.”

So het die 15-jarige Tégan Malherbe gesê. Sy neem al die afgelope nege jaar aan judo deel. “Ek het aanvanklik in 2009 by sensei Danie Bruwer begin oefen vir die selfverdedigingsaspek van die sport, maar het dit so geniet dat ek nie wou ophou nie,” het sy vertel.

Tégan het gesê dat alhoewel sy verlede jaar baie goed presteer het, dit nie die geval in 2016 was nie, en het gesê, “In 2016 het ekaan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem, maar nie so goed gevaar soos ek gehoop het nie. Maar, ek het nie opgegee nie en weer verlede jaar deelgeneem – en met ‘n eerste plek weggestap. Dit was ‘n fantastiese gevoel en het definitief vir die vorige jaar se teleurstelling vergoed!”

Tégan Malherbe demonstreer ‘n gooi-tegniek op Dylan Martin.

Haar prestasies vir verlede jaar sluit in ‘n eerste plek by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe, toekenning van Suid-Afrikaanse kleure,eerste plek by die Suid-Afrikaanse skolekampioenskappe, eerste plek op die Nasional Ranglys sowel as ‘n suksesvolle gradering waarin sy haar junior swart gordel verwerf het.

Sy het ook tydens die Doryoku Judo Academy se prysuitdeling die trofeë ontvang as die suksesvolste judoka en die judoka wat die hoogste op die ranglys is. Om alles te kroon, is sy ook as die Sportvrou van die Jaar aangewys.

Vir Tégan is al hierdie prestasies fantasties, maar sy het heelwat ander doelwitte wat sy ook wil bereik. “My volgende stap is om aan die Afrika-kampioenskappe deel te neem en goed te presteer. Daarna wil ek aan die wêreldkampioenskappe deelneem en my uiteindelike doelwit is om deel van die SA-span te wees wat Olimpiese Spele toe gaan,” het sy gesê.

Tégan Malherbe met haar trofeë en medaljes. Foto’s: Adéle Bloem

Maar, om hierdie doelwitte te bereik sit nie sommer in enigeen se broek nie. Tégan oefen vier maal ‘n week vir minstens ‘n uuren ‘n half om te verseker dat sy haar drome sal kan bewaarheid.

Sy glo dat enigeen goed in judo kan presteer en het gesê, “As iemand my sou vra wat hulle moet doen om ook so goed te presteer, sal ek hulle dadelik na die dojo toe bring, want sensei Danie het my alles geleer wat ek weet.”Vir meer inligting kan Danie Bruwer by 072 685 844 of danie@doryoku.co.za gekontak word.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button