‘Ek droom daarvan om ‘n Olimpiese gimnas te wees’

'Ek wil aan die Olimpiese Spele deelneem'

 

Sy is slegs 10-jaar oud, en het alreeds Senior Sentraal Gauteng-kleure vir Euro-trampolien, sowel as Akro-gimnastiek verwerf.

Diané Kriek is een van 24 Seven Gymnastics en Trampoline Klub se studente, en het die afgelope jaar baie goeie prestasies behaal.

Diané Kriek met haar toekennings.

Luitha Roux, haar afrigter het gesê dat sy ongelooflik trots op Diané is, en dat haar goeie prestasies die resultaat van harde werk en deursettingsvermoë is. “Dit was die eerste jaar dat sy aan Akro-gimnastiek deelgeneem het, en sy het nie net op ‘n hoër vlak deelgeneem nie, maar ook Senior Sentraal Gauteng-kleure verwerf, wat ‘n ongelooflike goeie prestasie is,” het sy gesê.

Diané Kriek met haar toekennings.

Diané was een van die klub se beste presteerders, en het die volgende toekennings tydens die klub se prysuitdeling verower:

• Die trofee vir die beste vordering in Akro-gimnastiek (Vroue – duet)

• Vrouegimnas van die Jaar vir Euro-trampolien (vlak vier)

• Gimnas van die Jaar vir Mini-trampolien (vlak twee)

Sy het by die Suid-Afrikaanse kampioenskape vir deelname aan die Zone-kampioenskappe in Namibië –

• Die Triple Threat-trofee ontvang omdat Senior Sentraal Gauteng-kleure in Akro-gimnastiek en Euro-trampolien, asook Junior Sentraal Gauteng kleure vir minitrampolien aan haar toegeken is

• Die algehele Gimnas van die Jaar-titel ontvangSy het aan ongeveer 12 kompetisies – op klub-, streek- en nasionale vlak – deelgeneem en was ook die klub se toppresteerder by die Arnold Classic waar sy drie medaljes ingepalm het.

Diané se ma, Tania het vertel dat sy voorgestel het dat haar dogter gimnastiek probeer. “Sy het wawiele gedoen nog voordat sy kon loop, en nadat sy ander sportsoorte probeer het, het ek haar gevra of sy nie gimnastiek wou probeer nie. Sy het daarmee begin toe sy ses jaar oud was, en neem die afgelope twee jaar aan trampolien, en een jaar aan Akro-gimnastiek deel,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat hulle baie trots op Diané is. “ Ek glo Diané het ongelooflik baie talent, maar sy steek dit soms weg. En, alhoewel Luitha baie groter planne as ek vanjaar vir haar het, sal ons altyd daar wees om haar te ondersteun,” het Tania gesê.

Diané Kriek is in haar element op die springmat. Foto’s: Adéle Bloem

Diané se grootste droom is om eendag aan die Olimpiese spele deel te neem, maar voordat sy dié droom kan bewaarheid, het haar afrigter eers ‘n paar ander korttermyn-doelwitte vir haar in gedagte. “Ons gaan hierdie jaar definitief na ‘n hoër vlak in Euro-trampolien en Akro-gimnastiek beweeg, en sy gaan ook met die dubbeltrampolien begin,” het Luitha gesê.

Maar, hoe voel Diané hieroor? “Ek is baie opgewonde en voel gereed vir die nuwe uitdagings. Ek glo dat jy altyd hard moet werk, en nooit opgee nie. Dit is al hoe jy jou drome sal kan bewaarheid,” het sy met ‘n glimlag afgesluit.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version