Editor's choiceSchool sportSport

Roodekrans is die top sportskool

Jordan Binneman eindig tweede in Sportdogter van die Jaar-kategorie

 

Tydens die afgelope D12 Sport-, Jeug en Kultuurprysuitdeling het Laerskool Roodekrans baie goed presteer.

Die skool is as die Sportskool van die Jaar aangewys, terwyl Jordan Binneman die tweede plek in die Laerskool Sportdogter van die Jaar-kategorie behaal het.

Die leerders het gedurende die jaar uitstekend in atletiek, netbal, krieket, rugby, hokkie, tennis en skaak presteer.

– Die atlete het tydens die Interlaerbyeenkoms 25 eerste plekke, 21 tweede plekke en 24 derde plekke behaal. 27 leerders het na die D12- en Gauteng-kampioenskappe deurgedring en drie atlete het na die SA-kampioenskappe deurgedring.

– Ongeveer 83 atlete tussen o.8 en o.13 het aan landloop deelgeneem. Twee-en-twintig van hulle het aan die Roodepoort Kampioenskappe deelgeneem en 15 is in die D12-span opgeneem.

– Die skool se netbalspanne het ook baie goed presteer. Al agt spanne het goed presteer in die Jomo-liga, vyf spanne eindig as ligawenners, twee spanne eindig tweede en een span eindig derde. Twee spelers is in die D12 o.13-span, twee is in die Gauteng o.13-span, een is in die Gauteng o.12-span en een is in die Gauteng o.13-span opgeneem. Die skool spog ook met agt D12-, 17 Gauteng- en een SA-skeidsregter.

– Tydens die krieketseisoen het ongeveer 45 o.6-spelers, 46 o.7-spelers en 45 o.8-spelers – seuns en dogters – aan minikrieket deelgeneem. Die o.9’s en die tweedespan het hul ligas gewen. Daar is 26 seuns is in die onderskeie Johannesburg-Wes-spanne opgeneem, en twee spelers is tot die Gauteng-Wes-span verskies.

– Die rugbyspelers het ook uitgeblink. Die o.9- en o.11-spanne het vir die Goue Leeus kwarteindrondtes gekwalifiseer, en onder die top agt spanne geëindig. Drie seuns is tot die Sentraal-Wes-span, en een tot die Red Squad-span verkies.

– Ongeveer 370 seuns en dogters – van o.6 tot o.13 – het aan hokkie deelgeneem, en die o.10A- en o.12A-meisiespan was D12-wenners. Sewe seuns en dogters het vanjaar vir die D12-spanne gespeel. Een dogter is in die Gauteng-span opgeneem en 12 seuns en dogters is tot die 2018 D12-spanne verkies.

– Ses spanne het aan die tennisliga deelgeneem en twee spanne het hul ligas gewen. Drie leerders was in die D12-span en drie was in die Western Gauteng-tennisspan.

– Die o.11-skaakspan en die o.13-meisieskaakspan het na die Gauteng Top School Skaakkampioenskappe deurgedring. Jovan Botes het aan die Gauteng Individuele Kampioenskappe deelggeneem.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button