Hories se renspan eindig tweede

Flying Eagles hou Laerskool Horison se naam hoog

 

Vier leerders van Laerskool Horison het onlangs aan die Gautengse Jaguar Primary Schools Challenge en het rede om breëbors rond te loop.

Die kompetisie is deur Jaguar Cars geborg en was deel van die bewusmakingsveldtog vir die poging om die wêreld-landspoedrekord in 2018 in die Noord-Kaap te verbeter.

Die Flying Eagles-span se renmotor wat hulle self ontwep en gebou het.

Elke deelnemende skool moes ‘n span van vier Graad 6-leerders inskryf. Die Hories se span, die Flying Eagles, het bestaan uit Nelmarié von Moltke (ontwerpingenieur), Lara Malherbe (grafiese ontwerper), Ruald van Wyk (vervaardigingsingenieur) en Alicia Malherbe (spanbestuurder).

Die leerders moes hul eie renmotortjie ontwerp en bou, self borge kry, uniforms ontwerp en laat maak, ‘n stalletjie bou, ‘n portefeulje saamstel asook ‘n praatjie oor die projek aanbied. Die motors is met gassilinders aangedryf en moes 20 meter ver ry, wat gemiddeld binne een sekonde afgelê is.

Die spanne het ook die motors teen mekaar laat resies jaag. Die Flying Eagles het ‘n algehele tweede plek tydens die kompetisie behaal en ook twee ander afdelings – die beste geïngenieurde motor en die beste aanbieding – gewen.

“Ons leerders het hulle werklik puik van hul taak gekwyt en baie lof van die beoordelaars ontvang. Ons is baie trots op hierdie span van ons, hulle het Horison se naam hoog gehou,” het Annemien Smith van die skool gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version