Hoërskool Florida se skyfskietspan het baie goed gevaar tydens die afgelope Suid-Afrikaanse kampioenskappe.
Uit die agt skuts wat deelgeneem het, het vyf SA Skole-kleure (SANSSU) en drie provinsiale (GSSU) -kleure verwerf.
Die leerders wat SA Skole-kleure verwerf het, is:
•Caitlin Oelofse
• Nadine Nel
• Daniël Klopper
• Jean Kilian
• Wian de Wet
Die leerders wat provinsiale kleure verwerf het, is:
• Shalize Jansen
• Abigail Sequeira
• Marizaan Weber
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!