Atlete skop seisoen op ‘n drafstap af
Florries se atlete skitter tydens interhuisbyeenkoms
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/09/IMG_4625_61416.jpg)
Hoërskool Florida het onlangs hul interhuisbyeenkoms aangebied en die atlete het die seisoen op ‘n drafstap begin.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/20/2017/09/IMG_4627_81238-520x390.jpg)
• Fanie Labuschagné is as die Junior Victor Ludorum aangewys en het eerste plekke in die 100m- en 400m-naellope, en die 100m-hekkies behaal.
• Kristi Lambrecht was die Junior Victrix Ludorum en het eerste plekke in die 100m-, 200m- en 400m-naellope, asook die 90m- en 300m-hekkies.
• Morné van Jaarsveld was die Senior Victor Ludorum en het eerste plekke in die 200m-, 400m-, 800m- en 1 500m-items behaal.
• Claudia Aggenbacht was die Senior Victrix Ludorum en het eerste plekke in die 100m- en 200m-naellope, diskus, gewigstoot en verspring behaal.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!