Bastion-skuts sluit liga op hoë noot af

Organiseerder baie tevrede met skuts se vordering.

Hoërskool Bastion se .22- en luggeweerskuts het baie goed tydens die laaste ligawedstryd presteer.

Juanco van der Walt, Alex Kruger, Muzaan Botma, Leané de Klerk, Alexis Kruger, Nathan Shaw, Kayla Oosthuizen, André Kriel em Corrie van Niekerk het aan die GATRA-liga by Durban Deep-skietbaan deelgeneem en elkeen het hul uitstekend van hul taak gekwyt.

“Albei spanne is ontwikkelingskuts wat eers dié jaar begin skiet het. Hierdie skuts se vaardighede het in die loop van die jaar ongelooflik gegroei.

Ek glo hulle gaan volgende jaar beslis ‘n krag wees om mee rekening te hou,” het Hardus van Loggerenberg, die skyfskietorganiseerder, gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version