Editor's choiceSchool sportSport

Florries spog met krieketster

Sy het aan die internasionale T20-vrouetoernooi deelgeneem

Louise Kemp, ‘n leerder van Hoërskool Florida het gewys dat krieket nie net vir seuns is nie.

Sy was lid van die Gauteng Uitnodigings XI wat aan die Internasionale Krieketraad (IKR) se Internasionale T20-vrouetoernooi in Botswana deelgeneem het. Hulle het wedstryde teen onder andere Botswana, Mosambiek, Namibië, Zambië en Swaziland gespeel.

Die Gauteng-span het al hul wedstryde gewen en is as die wenners van die toernooi aangewys. Louise het die toekenning vir die speler van die toernooi ontvang.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button