Hengelaar vir prestasies vereer

Bastion-leerder blink uit

Een van Hoërskool Bastion se leerders is onlang vir sy hengelprestasies vereer.

Bradley van Vuuren is nie net tot die Suid-Afrikaanse B-span verkies nie, hy is boonop as die Hengelaar van die Jaar aangewys. Hy speel ook rugby by die skool.

Hy het vertel dat hy sedert 2015 hengel en as lid van die Randse Sportklub vir die Sentraal-Wes-span gekies is. Hulle het aan die Gauteng-kampioenskappe deelgeneem, waar hy sy plek in die Suid-Afrikaanse B-hengelspan, wat in Oktober by Bloemhof gaan deelneem, ingekatrol het.

Bradley beskou sy pa as sy inspirasie en glo dat hy nie hierdie prestasies sonder sy leiding en aanmoediging sou kon behaal nie.

“Toe ek jonger was, het ek en my pa dikwels gaan visvang, so dit was nie regtig moeilik om hierdie sport deel van my lewe te maak nie,” het hy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version