Roodepark se sportsterre vereer

Die groot trots van die skool was egter die 10 leerders (drie meisies en sewe seuns) wat onderskeidelik provinsiale en nasionale kleure vir rugby en netbal ontvang het.

Roodepark Skool het tydens hul onlangse prysuitdeling hul sportsterre vereer.

Tydens die prysuitdeling het al die leerders, van o.13 tot by die senior spanne, sertifikate vir deelname aan hul onderskeie sportsoorte ontvang. Die groot trots van die skool was egter die 10 leerders (drie meisies en sewe seuns) wat onderskeidelik provinsiale en nasionale kleure vir rugby en netbal ontvang het.

Van links: Anna Kehitlhile, Lesego Sibanda, Roxanne Mangera en Ria Swart (afrigter). Foto’s: Adéle Bloem

Anna Kehitlhile, Lesego Sibanda en Roxanne Mangera was deel van die o.18 LSEN Gauteng-netbalspan wat aan die SA Sport Kampioenskappe se Winterspele in Durban deelgeneem het.

Gideon Liebenberg, Nathan Mosemake, Samkelo Sithole, Johan van Wyk, Dylan Dowie en Ruan Viljoen was deel van die Goue Leeus-rugbyspan wat aan die o.18 LSEN Cravenweek by Glenwood High School in Durban deelgeneem het.

Agter: Gideon Liebenberg, Nathan Mosemake en Samkelo Sithole. Voor: Johan van Wyk, Dylan Dowie en Ruan Viljoen.

Michael Abrahams was ook lid van die Goue Leeus se o.18 LSEN Cravenweek-span en hy is die LSEN SA-skolespan opgeneem. Hierdie span het aan die o.18 Akademie-week deelgeneem wat by St Sithians plaasgevind het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version