Hoërskool Florida spog met 14 skuts wat in verskeie Goue Leeus-spanne opgeneem is.
Brayton Krause, Jaques Steyn en Wian de Wet is in die o.21 Goue Leeus Pistool-span. Wian en Jaques het albei die Gauteng-rekord in die Vrystaande item verbeter.
Christiaan Bredenkamp, Caitlin Oelofse en Annelise Mynhardt is in die o.21 Goue Leeus Presisie-span opgeneem en Caitlin is ook as hierdie span se kaptein aangewys.
Shalize Jansen, Daniël Klopper, Jean Kilian en Theunis Kruger is in die o.21 Goue Leeus Sporter-span opgeneem, terwyl Louwtjie Louw, Nadine Nel, Abigail Sequeira en Marizaan Weber vir die o.16 Goue Leeus Sporter-span gekies is.
Die skuts se afrigter is Annerien Snyman.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!