Editor's choiceSchool sportSport

Florries se rugbysterre

Twee spelers was deel van wenspan

Twee van Hoërskool Florida se rugbyspelers was deel van die o.18 Goue Leeus Cravenweek-span wat as wenners van die toernooi aangewys is. Die toernooi het by die St Stithians College in Johannesburg plaasgevind.

Die Goue Leeus het hul eerste twee wedstryde gewen, en sodoende vir die nie-amptelike finaal gekwalifiseer.

Hul uitslae was as volg:

• In hul eerste wedstryd het hulle 48–8 oor Grens geseëvier.

• In die tweede wedstryd het hulle met 13–13 gelykop gespeel teen die Westelike Provinsie.

• In die derde wedstryd, wat die finaal was, het die span teen KwaZulu-Natal te staan gekom, en die wedstryd met ‘n telling van 45–18 gewen.

Ruhan Oosthuizen (Graad 12) en Tino Swanepoel (Graad 10) was lede van die span wat in die finaal gespeel het. Ruhan is ook na afloop van die eerste dag se wedstryde vir die Dream Team gekies, en Tino is na die finale wedstryd as Hero of the Day aangewys.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button