Agt medaljes vir Florida se judokas
Judokas skitter tydens Suid-Afrikaanse kampioenskappe
Na die onlangse Suid-Afrikaanse Ope-judokampioenskappe het twee van Hoërskool Florida se leerders agt medaljes huis toe gebring.
Harm Venter, ‘n Graad 12-leerder het ‘n gouemedalje in die o.21 individuele kompetisie verwerf. Hy het ook een goud en drie silwer vir kata verwerf.
Ruan Delport, ‘n Graad 8-leerder het ‘n bronsmedalje in die individuele kompetisie verower, asook twee silwermedaljes – een vir kata en een vir die spanitem vir o.14 seuns.
Albei judokas het tydens die kampioenskappe vir Wes-Rand Distrik-kleure gekwalifiseer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!