Editor's choiceSchool sportSport

Roodie-netbalspeler op pad Mauritius toe

Angelique is lid van Best of the West-span

“Ek is opgewonde oor die toernooi en glo ek sal baie nuwe dinge leer om met al my spanmaats te deel,” het Angelique Rosslee gesê.

Angelique is ‘n Graad 11-leerder by Hoërskool Roodepoort en is tot die Best of the West-netbalspan verkies, wat van 3 tot 10 Oktober in Mauritius gaan deelneem.

(WEB) Angelique Rosslee in aksie tydens die Best of the West-toernooi. Foto: Verskaf

Die skool se eerstenetbalspan het in Maart aan die Best of the West-toernooi deelgeneem wat by Krugersdorp High School aangebied is, en drie van hul vyf wedstryde gewen. “Ons het ‘n suksesvolle toernooi gehad, en net teen Potch en KHS vasgeval. Elke jaar word daar tydens hierdie toernooi ‘n Best of the West-span uit die deelnemers gekies wat dan aan ‘n netbaltoernooi deelneem,” het Tammy Swanepoel, Angelique se afrigter gesê.

Sy het bygevoeg dat die skool baie trots op hierdie prestasie is. “Angelique het vanjaar ‘n baie goeie atletiek- en netbalseisoen gehad, en haar insluiting in die span is die kersie op die koek. Sy het ook aan die Gauteng-proewe deelgeneem en na die finale rondte deurgedring, maar kon ongelukkig weens ‘n enkelbesering nie verder deelneem nie,” het Tammy vertel.

(WEB) Angelique Rosslee in aksie op die netbalbaan.

Angelique, wat al sedert Graad R netbal speel, kan nie wag om Mauritius te besoek nie. “Ek sien vreeslik daarna uit om te sien hoe dit daar lyk en al die nuwe mense te ontmoet – en om al die verskillende tradisionele disse te geniet,” het sy met ‘n groot glimlag vertel.

Haar boodskap aan ander netbalspelers? “Gee altyd jou alles wanneer jy speel en onthou, dit is ‘n spansport. There is no I in team,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button