Die Havies se rugbytrots

Twee seuns in Goue Leeus-oefengroep

“Hulle harde werk en opoffering kan duidelik in hul pragtige prestasie gesien word.”

So het Anesta Zevenster, die skakelbeampte van Laerskool Dr Havinga gesê oor die twee seuns wat tot die Goue Leeus se 0.13-oefengroep verkies is.

Die Graad 7-leerders – Heinrich Jacobs en JP Beyer – het vir die tweede agtereenvolgende jaar die prestasie behaal. Die Goue Leeus-span word na afloop van hierdie jaar se Cravenweek-kompetisie aangekondig,” het Anesta gesê.

Sy het bygevoeg dat die skool baie trots op Heinrich en JP is. “Mooi so! Julle is ware bloubloed-Havies,” het sy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version