Kruiner-atlete blink uit

Twee atlete kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe

Twee van Laerskool Helderkruin se atlete het puik presteer tydens die onlangse Gauteng-kampioenskappe.

Mienke Rossouw en Jandré Labuschagne het onderskeidelik ‘n silwer- en bronsmedalje by die byeenkoms verower, en sodoende vir deelname aan die SA Kampioenskappe gekwalifiseer.

Mienke het aan die 1 500m-stap vir 0.13-meisies deelgeneem en ‘n tweede plek behaal. Volgens Hanli-Mari Olivier, die skool se kommunikasiebeampte, is dit voorwaar ‘n groot prestasie, aangesien dit die eerste keer was dat die skool aan hierdie item deelgeneem het.

Jandré het ‘n derde plek in die gewigstoot behaal met ‘n afstand van 12,5m.

“Ons is baie trots op ons atlete en wens hulle alle voorspoed toe vir die SA Kampioenskappe wat in Potchefstroom plaasvind,” het Hanli-Mari gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version