Editor's choiceSchool sportSport

Florries trap met entoesiasme

Hoërskool Florida se bergfietsspan presteer by 947-fietsren

Leerders van Hoërskool Florida se bergfietsspan het onlangs hul uithouvermoë getoets toe hulle aan die 947 Bergfietswedren deelgeneem het.

Die span is onlangs by die skool op die been gebring en die leerders het met groot entoesiasme aangesluit en begin oefen. Hulle oefen elke Woensdag deur in gebiede naby die skool te ry.

Raynette Nel na sy die wedren voltooi het.
Raynette Nel na sy die wedren voltooi het.

Hul harde werk en oefening het vrugte afgewerp met die goeie prestasies wat hulle by die 947 Bergfietswedren behaal is. Leerders wat deelgeneem en die wedren voltooi het, is Devon Makriga, Richter Bredenkamp, Matthew Mortimer, Louis Meyer, Raynette Nel, Corné Breedt, Heinrich Broodryk, Ettiene Groenewald, Joshua Smuts en Ruan Greeff. Ruan het ‘n algehele vierde plek in sy groep behaal met ‘n tyd van 1:24:21.

Die organiseerders van die fietsryspan wil graag ‘n versoek aan die gemeenskap rig om enige ou fietse wat nie meer gebruik word nie, aan die skool te skenk. “Daar is heelwat leerders wat graag wil fiets ry, maar nie ‘n fiets besit nie. Ons sal hulle graag wil help,” het Hermien Steyn gesê. Enige fietsryklere of enige ander produkte wat kan help om dié groep te ondersteun, sal ook verwelkom word.

Alle leerders van Hoërskool Florida wat belangstel om by die bergfietsspan aan te sluit, kan vir Hermien Steyn of Raynette Nel kontak.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button