Monnas open top gehalte Astro-hokkiebaan

"Die astro is so geposisioneer dat dit ook aan internasionale standaarde voldoen en ons sal verseker in die toekoms internasionale kampioenskappe op die baan huisves."

Na jare se beplanning en talle terugslae het Hoërskool Monument uiteindelik hulle splinternuwe hokkieveld, ‘n Astro-baan, op Saterdag, 29 Oktober in gebruik geneem.

Die skool het meer as ses jaar lank beplan om ‘n kunsbaan te bou en het uiteindelik twee jaar gelede daarmee begin.

Met verlede jaar se reënseisoen het die bouterrein oorstroom en die konstruksiewerk is vertraag. Met goeie beplanning was die werk gou weer op dreef.

“Noudat die Astro oop is, kan ons sê Monnas kan hul hokkiespanne met nuwe vaardighede vorentoe neem,” het Liese-Marie Botha, Monnas se hokkievoorsitter gesê.

Tydens die amptelike opening het gaste honderde ballonne losgelaat.

Daarna het hokkiespanne van verskeie skole op die baan teen mekaar gespeel. Die spanne het eers begin met Fast-five hokkie waarvolgens spanne rondtes van 15 minute teen mekaar speel. Monnas se prestigehokkiespan het ook ‘n volle wedstryd teen Monnas Old Girls (wat saamgestel is uit oud monumentare) gespeel. Meer as 68 spanne het deelgeneem.

Die doel van die astro is om die skool se hokkiespelers ook die geleentheid te gee om op prestige bane te speel.

“Die Astro-baan voldoen ook aan internasionale standaarde en ons sal vir seker in die toekoms internasionale kampioenskappe op die baan aanbied,” het Johann Calitz, Monnas se skoolhoof gesê.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

Exit mobile version