Editor's choiceSchool sportSport

Skeie laat die stof spat

Jukskei spelers sluit liga op hoë noot af

Hoërskool Bastion se jukskeispelers het ‘n baie suksesvolle seisoen agter die rug.

Matuschka de Jager, Monique du Plessis, Diané Erasmus, Michael Lombard en Mario Ragni het as ‘n gemengde span in die o.16- kategorie deelgeneem en het die liga met ‘n tweede plek afgesluit.

Die o.16 Gemengde spanlede is Monique du Plessis, Diané Erasmus, Matuschka de Jager en Michael Lombard.
Die o.16 Gemengde spanlede is Monique du Plessis, Diané Erasmus, Matuschka de Jager en Michael Lombard.

Die o.16A-seunspan het bestaan uit Wion Horn, Devan van der Velde, Dilon Bouwer en Dylan Erasmus, en is as die ligawenners aangewys.

Met hulle eerste plek kwalifiseer hulle om aan die Direkteurstoernooi deel te neem.

Die toernooi vind in Pretoria plaas.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button