Editor's choiceSchool sportSport

Netbalpaneel reg vir groot uitdaging

Twee van Hoërskool Bastion se netbalafrigters op D2-netbalpaneel

Twee van Hoërskool Bastion se netbalafrigters. Petru van Zyl en Elmari van der Vyfer, is onlangs tot die D2-netbalpaneel verkies.

Al die skole in die D2-distrik (Gauteng-Wes) het hul nominasies vir die persone wat hulle op die paneel wou hê na die distrikskantoor gestuur. Die pos wat die genomineerdes beklee, moes ook genoem word.

Die paneel is tydens die Algemene Jaarvergadering verkies nadat die lede wat teenwoordig was, vir hul kandidate gestem het.

Petru van Zyl is as die D2-netbalvoorsitter verkies en sy is reg vir die groot uitdaging. “Die voorsitterskap gaan met ‘n groot werklading gepaard, maar dit is ook ‘n baie groot voorreg om in hierdie posisie te wees. Dit is ‘n opwindende uitdaging,” het Petru gesê.

Elmari van der Vyfer is as die D2-netballiga-organiseerder verkies en is baie opgewonde oor die aanstelling.

“Dit is lekker om my ervaring met ander mense te deel. Ek weet dit is ‘n groot werk, maar ek sal dit na tot die beste van my vermoë doen,” het Elmari gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Back to top button