Caitlin se visier is ingestel

Hoërskool Florida leerling presteer by skietkompetisie

“Die toer was ‘n onvergeetlike ervaring en ‘n goeie leerskool,” sê Caitlin Oelofse, ‘n Graad 9-leerling by Hoërskool Florida.

Sy is as lid van die South African Air Rifle Association (SAARA) se junior skietspan gekies.

Hierdie span het onlangs aan die British Junior International (BJI) skietkompetisie in Engeland deelgeneem.

Hierdie kompetisie word jaarliks deur die National Smallbore Rifle Association (NSRA) in Bisley aangebied en die deelnemende lande het Suid-Afrika, Engeland, Skotland, Ierland, Wallis en Finland ingesluit.

Die sewe lede van die SAARA span het na afloop van die kompetisie met 13 medaljes gespog.

Caitlin het twee goue medaljes in die spankompetisie verwerf en met ‘n algehele vyfde plek in die gemengde Sporter 10m kompetisie weggestap. Sy het ook haar SAARA-kleure ontvang.

Die Suid-Afrikaanse-skietspan is met ‘n spesiale medalje van waardering vir die puik sportmangees en algehele skietprestasie beloon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version