Logan skop stof in sy teenstanders se oë

Hoërskool Bastion-leerling verwerf volle Protea-kleure.

Hierdie seun kan sy man staan en sal nie sommer die onderspit delf tydens ‘n geveg nie.

Die 14-jarige Logan Stadler, ‘n leerling van Hoërskool Bastion het onlangs aan die International Sport Kickboxing Association (ISKA) Wêreldkampioenskappe in Orlando, VSA deelgeneem.

Die wêreldkampioenskappe was vir gemengde vegkuns – MMA – wat karate en skopboks ingesluit het.

Logan het volle Protea-kleure tydens die kampioenskappe verwerf.

Hy het in verskeie kategorieë deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

Eerste plek in puntegeveg, derde plek in deurlopende geveg, vyfde plek met sy musiek-reeks (vorm), tweede plek in tradisionele reeks (vorm), sesde plek in kreatiewe reeks (vorm), vyfde plek in musiek-wapenreeks en sesde plek met hulle spandemonstrasie.

Logan, wat op driejarige ouderdom aan karate begin deelneem het, oefen by Tebbett’s Kickboxing Academy in Germiston en sy afrigter is Kanshu Alex Tebbett.

Hy het op 12-jarige ouderdom sy swart gordel verwerf en is die jongste persoon in die land wat reeds met ‘n swart gordel kan spog.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version