Laerskool Helderkruin-leerling skop die wêreld aan die brand

Casey verwerf volle Protea-kleure.

Groot gif kom in klein botteltjies en die 10-jarige Casey Stadler, ‘n leerling van Laerskool Helderkruin het dit bewys.

Casey het onlangs aan die International Sport Kickboxing Association (ISKA) se Wêreldkampioenskappe deelgeneem wat by die Walt Disney Konferensiesentrum in Orlando, VSA gehou is.

Die kampioenskappe was ‘n gemengde vegkuns- (MMA-) kompetisie wat karate en skopboks ingesluit het.

Casey het in die junior swartgordelafdeling deelgeneem en het volle Protea-kleure tydens die kampioenskappe verwerf.

Sy het aan verskeie afdelings deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

– Eerste plek in die puntegeveg

– Derde plek in die deurlopende geveg

– Vierde plek in die musiekreeks (vorm)

– Eerste plek in die tradisionele reeks (vorm)

– Eerste plek in die kreatiewe reeks (vorm)

– Tweede plek in die wapenreeks (vorm) met musiek

Casey se afrigter is Kanshu Alex Tebbett van Tebbett’s Kickboxing Academy, en sy neem al vandat sy drie jaar oud is toegewyd aan karate deel.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Exit mobile version