Local sportSchool sportSport

Florries skiet hul pad oop na Londen toe

Caitlin behaal twee eerste plekke

Caitlin Oelofse, ʼn graad 9-leerder van Hoërskool Florida het op 27 en 28 Mei aan die SAARA (South African Air Rifle Association) Gauteng ope spesiale proewe deelgeneem te FSK, Hoërskool Florida.

Verskeie provinsies het aan die proewe deelgeneem, onder andere Gauteng, Noord Kaap, Wes-Kaap, KwaZulu Natal, Oranjevaal en Noord Wes provinsie.

Caitlin behaal twee eerste plekke, met ʼn goue medalje in die 3P posisie met ʼn telling van 550 en ʼn goue medalje in die 10M (staan posisie) met ʼn telling van 354.

Tydens die prysuitdelingsfunksie verower sy haar SAARA-kleure en is ook aangewys as deel van die Nasionale Skietspan wat in Londen aan die Britse Junior Internasionale (BJI) Skietkompetisie in Augustus vanjaar gaan deelneem.

Sy het in Maart- en Meimaand deelgeneem aan SAARA-ligas in Bellville in die Wes-Kaap en ook Douglas in die Noord-Kaap om te kwalifiseer en moes ʼn MQS (Minimum Qualifiation Score) skiet om in aanmerking te kom vir die span.

SAARA is die enigste erkende skietorganisasie vir luggeweer in Suid-Afrika erken deur SASSC0, SASCOC en SRSA wat uitgenooi is om aan die British Junior International in Brittanje te gaan deelneem in Augustus.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button