School sportSport

Ma-en-dogter mini-netbal ‘n sukses

'n Perfekte geleentheid om mammas 'n insig in skolenetbal te gee, meen skoolwoordvoerder.

Meer as ‘n honderd mammas en hul dogters het onlangs by die Kruiners aan sport kom deelneem.

Vroeër in Maart het Laerskool Helderkruin groot sukses behaal met hul eerste Ma-en-dogter mini-netbal akademie. Die sessies het begin met opwarming en mens kon gou sien hul raak bekommerd oor watse strawwe oefening die res van die dag voorlê.

Dit was gelukkig nie so erg nie. Die kursusaanbieders was veral die mammas genadig, het skoolwoordvoerder Hanli-Marie Olivier gesê.

Die massas is in groepe gedeel en het in groepverband tussen die aktiwiteite roteer. Die families het dit vreeslik geniet, en die ouers is nou meer bewus hoe hul hul dogters met watter vaardigheide kan help, meen Olivier.

“Mini-netbal was net vir die pret, maar het eintlik ook mamma’s gestuur in watter vaardighede hul kan help voortbou.”

Na afloop van die oefensessies is elke ma, dogter en afrigter bederf met ‘n worsrolletjie en koeldrank. Die dag het afgesluit met ‘n waterballongeveg, wat hul van hard oefen help afkoel het.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 414 6709.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button