Spoedvraat skop stof in manne se oë

Moontlike vol borgskap wag op Loumari.

Roodepoort se eie vroulike jaagduiwel, Loumari Grobler (24) van Wilro Park, het verlede Saterdag weer korte mette gemaak van haar teenstaanders op die Phakisarenbaan in Welkom.

Loumari het aan die Motorcycle Riders Acadamy (MRA) Limited Superbike Challenge deelgeneem in die Fourways Motorcycle ZX10 klas en was die enigste vrou in die ren. Met haar Kawasaki ZX10 1000 motorfiets het sy eerste plek behaal. Sy het ook die vinnigste kwalifiserende tyd opgestel en met prysgeld van R2500 weggestap.

Verder is sy gekroon as die ‘Lady of the Day’ en is hiervoor verras met ‘n borgskap van Welkom Goldfield Casino vir 2015. Loumari sê sy is nog nie seker oor die omvang van die borgskap nie maar verstaan dat dit ‘n vol borgskap gaan wees.

“Dit was ‘n groot verrassing, ek het dit regtig nie verwag nie,” sê Loumari.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version