Judoklub woeker en wen

Plaaslike judoklub gooi hulle gewig rond.

Die KJK Judoklub Ridgevale kan definitief dopgehou word as dit by dié sport kom.

Nie net het van sy lede medaljes ingeoes by die Judo SA’s in Port Elizabeth en by die Afrika Senior Kata Kampioenskap en Kata Wêreld Kampioenskap in Mauritius nie, maar drie van sy lede is ook op pad Duitsland toe om saam met die Duitse o/20 span te oefen.

By die SA’s wat van 6 tot 12 Julie plaasgevind het, het die volgende judoka gepresteer:

• Vir die individuele gevegte het Danica Bruwer, Johnathan Ackerman, Ruan Delport en Eugene Delport gouemedaljes gewen, Tian Vorster en Keagan Diab het silwer en Dewald Schultz brons gekry.

• In die kata-afdeling het Garren Diab en Raydon Diab (x2), Willem Truter en Louis Truter, Harm Venter en Gerhard Schultz ( x2), Gerhard Schultz en Louw Schultz, Willem Truter en Katja Bruwer en Danica Bruwer goud ingepalm, Keagan Diab en Kyle Wolter, Alrich Rust en Dewald Schultz, Garren Diab en Raydon Diab spog met silwer en Darian May en Keenan May, Harm Venter en Willem Truter met brons.

By die Afrika Senior Kata Kampioenskap en Kata Wêreld Kampioenskap in Mauritius het sensei Katja Bruwer en haar dogter Danica Bruwer met hulle Katame no Kata tweede gekom en so silwermedaljes gewen.

Louw Schultz, Gerhard Schultz en Harm Venter is dan ook die drie jong manne wat binnekort Leipzig toe sal vertrek om saam met die Duitsers te oefen. Hulle gaan ook saam met 160 ander judoka van reg oor die wêreld ‘n somerkamp bywoon waar hulle hul tegnieke met van die bestes sal kan slyp.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version