School sportSportUpdate

Bastion in rugbyliga semi-finaal

Twee spelers haal ook Goue Leeus Welpiespan.

Hoërskool Bastion het ‘n goeie wintersportseisoen beleef.

Met die liga wat einde se kant toe staan, kan Bastion tevrede wees met wat die skool se rugby- en hokkiespanne bereik het, sê Melitta Geyser, in beheer van skakeling en bemarking by Hoërskool Bastion.

Na ‘n paar taai wedstryde was die skool se o.15A-rugbyspan ongelukkig om net-net nie die semifinaal van die Goue Leeus se grootskole-liga te haal nie. Die tweedespan was gedurende die seisoen onoorwonne en het heel bo aan die punteleer geëindig.

Die eersterugbyspan kan ná hul harde werk van die afgelope seisoen spog met ‘n plek in die semifinaal van die liga. Hierdie span se kaptein en flank Boeta Piater, asook die agsteman Ruan du Toit, het ook ‘n uitsonderlike prestasie behaal toe hulle onlangs in die Welpiespan van die Goue Leeus opgeneem is.

Related Articles

Back to top button