School sportSportUpdate

Blou masjien kook, kruip al nader na die titels toe

Eerstespan en o.16's bespreek plek in uitspeelrondte na wegholoorwinning oor Wonderfontein.

Die o.16- en die eersterugbyspan van Hoërskool Roodepoort het albei hul plek in die uitspeelrondte van die Goue Leeus-liga vir klein skole bespreek na hulle spoggerige oorwinnings oor Wonderfontein die afgelope naweek.

Roodies se eerstespan was vuurwarm en het hul opponente met 64-22 afgeslag terwyl die o.16’s sewe keer gaan druk het om 45-5 te seëvier.

Die skool van Wonderfontein het dié dag beslis klippe gekou, veral die eerstespan wat, kan jy glo onoorwonne was totdat hulle op 31 Mei met Roodies swaarde gekruis het. Die Roodies-tweedespan het ook gewen – met 28-12.

Wat die netbal aanbetref het sewe uit die agt Roodie-spanne gewen met net die eerstespan wat 8-42 verloor het.

Roodies se rugbyspanne pak Vrydag vir Florida Park High en ‘n wegholsege is die enigste voorspelling.

Nog uitslae (slegs A-spanne):

• Roodies o.14A 21-1 Wonderfontein

• Roodies o.15A 22-2 Wonderfontein

• Roodies o.16A 14-5 Wonderfontein

• Roodies o.17A 10-5 Wonderfontein

• Eerste-span 8-42 Wonderfontein

Roodies se eersterugbyspan het nege drieë gedruk en gemaklik met 42 punte geseëvier.
Roodies se eersterugbyspan het nege drieë gedruk en gemaklik met 42 punte geseëvier.
Slegs die eerstenetbalspan kon nie die mas opkom nie en het 8-42 verloor.
Slegs die eerstenetbalspan kon nie die mas opkom nie en het 8-42 verloor.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button