Bastion tuis te goed vir Riebeeckrand

Eerstespan nou in tweede plek na spogoorwinning van 34-24.

Tuisvoordeel het ‘n belangrike rol gespeel toe die eersterugbyspan van Bastion vir Riebeeckrand die afgelope naweek met 34-24 verslaan het.

Die sege was beslis vir Bastion broodnodig om hul plek in die uitspeelrondte te verseker en hulle naam in ere te herstel nadat hulle ‘n paar weke gelede teen Linden – die voorloper in die liga – vasgeval het.

Slegs een van Bastion se vier A-spanne het die kluts kwytgeraak en met 31-10 verloor terwyl die o.15A’s 3-3 gelykop geëindig het.

Die o.14A’s het saam met die eerstespan met 12-5 geseëvier terwyl die tweedespan ook met 26-11 gewen het.

Dié oorwinning het Bastion se eerstespan na die tweede plek op die punteleer net onder Linden laat skuif, wat beteken dat hulle reeds die uitkloprondte gehaal het.

Hulle pak eerskomende Vrydag 6 Junie vir Jan Viljoen wat onder op die punteleer lê.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version