Bastion op koers vir Goue Leeus-titel

Rugbyspanne wen vier uit vyf kragmetings teen Randburg.

Rugbyspanne van Hoërskool Bastion lyk op koers op pad na ‘n titel. Hulle het dit beslis ook nie maklik gemaak vir hulle besoekers, Randburg toe dié twee skole Woensdag (14 Mei) koppe gestamp het nie.

Uit die vyf kragmetings het die o.14A- (29-0), o.15A- (31-17) en eerstespan (15-13) geseëvier terwyl die tweede span ook met 20-10 gewen het. Slegs die o.16’s was aan die verloorkant met 26-3.

Vir die eerstespan het die losskakel Lee Roy Gray met sy een suksesvolle doel- en strafskop asook goeie taktiese skopwerk en breke uitgestaan terwyl die senter, Divan Hanekom ook uitgeblink het met twee drieë agter sy naam. Die flank Boeta Piater is as die speler van die wedstryd aangewys.

“Ons is sover op koers om die halfeindrondte te haal maar ons ware toets is hierdie naweek teen Linden,” sê die eerstespanafrigter Corneel van Dyk.

Van Dyk sê dié kragmeting weg van die huis af sal bepaal of hulle as aanspraakmakers op die Goue Leeus-titel vir medium skole beskou kan word.

Bastion se eersterugbyspan het ‘n week tevore in hul eerste ligawedstryd vir Alberton met 19-14 geklop.

Die o.15-rugbyspan van Bastion het beslis die aanskoulikste rugby gespeel met hul 31-17 oorwinning oor Randburg.
Die o.15-rugbyspan van Bastion het beslis die aanskoulikste rugby gespeel met hul 31-17 oorwinning oor Randburg.
Die o.15-rugbyspan van Bastion het beslis die meer aanskoulikste rugby gespeel met hul 31-17 oorwinning oor Randburg.
Die o.15-rugbyspan van Bastion het beslis die aanskoulikste rugby gespeel met hul 31-17 oorwinning oor Randburg.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version