School sportSport

Kruiner-netbalspanne aanspraakmakers op ‘n titel?

"Hou ons dop."

Met twee taai ligawedstryde agter die rug en ‘n wenpersentasie van oor die 62 persent is Laerskool Helderkuin se netbaldogters vol selfvertroue dat hulle aanspraakmakers op Gauteng-titels is.

Na 24 kragmetings was 12 van Kruiners se netbalspanne altesaam 15 keer aan die wenkant. Hulle opponente by die twee geleenthede was Dr Havinga en Fairland.

Agt van Kruiners se 12 netbalspanne het teen Havies geseëvier terwyl sewe van hul 12 spanne vir Fairland die loef afgesteek het.

“Kruiners se netbaltalent haal vanjaar uit en wys. Dit gaan regtig baie goed met al ons spanne en ons is baie opgewonde en trots,” sê die skool se woordvoerder Isobel Mitchley.

Sy voeg by dat die ekstra ure wat onderwysers en leerlinge tydens die ‘tweede vakansie’ opgeoffer het, vrugte afwerp.

“Van hulle het selfs op verkiesingsdag gaan oefen. ‘n Opregte dank aan al die ouers wat ons dogters so getrou na oefeninge en wedstryde vervoer. Julle ywer en entoesiasme word opreg waardeer.”

Related Articles

Back to top button