Bloumasjien bederf Allen Glen se onoorwonne-status

Buurman, Die Adelaar, nou Roodies se volgende slagoffer.

Hoërskool Roodepoort was nog nooit bang vir ‘n uitdaging nie en dit is die afgelope naweek bewys toe hulle eersterugbyspan dié van Allen Glen ore aangesit het.

Reeds in hulle eerste jaar in die kleinskole-afdeling (nadat hy in 2013 van die medium-skole afdeling afgeskuif is) het Hoërskool Roodepoort se eersterugbyspan gewys hulle hoort nie hier nie toe hulle weg van die huis af met Allen Glen met 25-14 afgereken het.

‘n Trotse eersterugbyspanafrigter van Roodies, Louw Parsons, sê die oorwinning is indrukwekkend, “Ons kon ‘n span klop wat in 16 kragmetings voor dié een teen ons onoorwonne was, en dit nogal in hul agterplaas.

“Ons is baie trots op die spelers.”

Roodies het sodoende aan hul goeie spel voortgebou na hul wegholsege van 99-5 teen Carlton Jones ‘n week tevore.

Die oorwinning oor Allen Glen plaas Roodies tans eerste in Groep B met nog drie wedstryde oor. Hul volgende kragmeting is op eie bodem teen ‘n ander plaaslike skool, Die Adelaar op Vrydag 16 Mei.

Exit mobile version